armani_code_homme_sport_lifestyle
Ons hou van

’n Geur vir die aktiewe man

Die samesteller van die nuutste Armani mansparfuum, Jacques Cavallier, beskryf dié oplewering as ’n “ontploffing van varsheid.” ’n Kombinasie van geure soos peperment, groenment, Sisiliaanse geelnartjie, kuskusgras en gemmer sorg hiervoor.

Die parfuum en die advertensie is geïnspireer deur die liggies, glans en besige atmosfeer van ’n aand in Los Angeles.

Armani Sport Code (R650 vir 50 ml EDT) is by uitsoektakke van Edgars, Red Square, Foschini, Stuttafords, Woolworths en Dis-Chem beskikbaar. 

Kyk hier die advertensie: