forever_young
Ons hou van

‘n Jong, gesonde jy

In sy nuutste boek, Forever Young: The Science of Nutrigenomics for Glowing, Wrinkle-Free Skin and Radiant Health at Every Age (Simon & Schuster, R190), verduidelik hy hoe “superkosse” en ander aanvullings die sleutel tot ’n mooi vel en gesonde, jong lyf is ongeag jou ouderdom. 

Een van sy aanbevelings is om die rainbow foods by jou dieet te in te sluit. Dié kosse genees glo jou liggaamselle en hou jou jonk: 

GROENTE EN VRUGTE

  • Babagroente soos bronkors en roketblare; rooikool; donkergroen broccoli; boontjies; rooi-uie en tamaties; pers knoffel; rooi, pers en geel soetrissie; helderrooi brandrissie; pers eiervrug; geurige kruie en speserye soos basiliekruid, pietersielie, tiemie, roosmaryn, salie, origanum, dille, kaneel, goue borrie; donkerblou bloubessies; swartbessies; helderrooi aarbeie; donkerpers pruime; donkerrooi of heldergroen appels; en rooiswart kersies 

BYKOMSTIGHEDE

  • Donkergroen ekstrasuiwer olyfolie; swart en groen olywe 

SEEKOS

  • Salm; kreef; krap; en garnaal 

ANDER

  • Donkerrooi nierbone; swart en rooi lensies; goue hawermout; bruin okkerneute; donkersjokolade; amandels; en heldergroen pampoensade 

* Die bogenoemde kosse is deel van Dr. Perricone se “rainbow foods” en behoort by ’n bestaande dieet van seekos, vleis, suiwel, graan, neute en sade, vrugte, groente, kruie en speserye, en bone gevoeg te word. 

* Forever Young: The Science of Nutrigenomics for Glowing, Wrinkle-Free Skin and Radiant Health at Every Age is van Oktober af op die rakke.