Ons hou van

‘n Nuwe geur

 

Om die romanse terug te bring het DKNY Woensdag hul nuwe geur, Be Delicious Fresh Blossom, in SA bekend gestel.

Met die heerlike note van roos en jasmyn kan jy nou jouself trakteer – tot sy bos blomme eendag opdaag. Die appelbloeisel – wat sinoniem is met New York in die lente – is ook die simbool van liefde, jeug, skoonheid en geluk. Donna het juis die simbool van die appel vir die ontwerp van die bottel geskies, nie net om die Groot Appel te vier nie, maar ook om vroue aan te moedig om ‘n groter hap uit die lewe te vat – en pret te hê!

  • Plaaslik beskikbaar vanaf 23 Februarie by die meeste kettingwinkels.
  • Kyk uit vir ‘n onderhoud met Donna Karan in SARIE se April-uitgawe.