woolworths_private_label_face
Ons hou van

‘n Nuwe voorkoms vir bekostigbare skoonheid


Al die produkte is geformuleer volgens Woolworths se “good beauty”-beginsels, wat beteken dat al die produkte bestanddele bevat wat nie skadelik is nie. Hulle word ook ondersteun deur die organisasie Skoonheid Sonder Wreedheid.

Kyk veral uit vir dié nuut geformuleerde produkte:

Time Defying Foundation (R185) bevat bestanddele wat fyn lyntjies beveg én jou vel teen die son beskerm. 

Max Cover Foundation (R99,95) is ‘n bekostigbare onderlaag wat nou ‘n verbeterde samestelling het. Dis ook in donkerder skakerings beskikbaar.

Nóg ‘n produk wat nuut geformuleer is, is Hydro Lipstick (R95) wat deur die loop van die dag vitamien C vrystel. Dit bevog jou lippe en beveg veroudering. Die kleur hou ook langer.

Dié reeks se lipglans, Plump and Pout (R75), bevat portulak-ekstrak om jou lippe voller te laat lyk.

Woolworths het ook twee skakerings bygevoeg tot die reeks na aanleiding van die wintermodes, Winter French Red en Black Magic. Dis reeds by die meeste Woolworths-takke beskikbaar.