naelkleur
Ons hou van

Hou nóú op met dié naelkleure dra

Kikker ’n blou Maandag op met ’n varsgemaakte koppie koffie en ’n splinternuwe manikuur. Maar vergeet van helder kleure soos neonpienk, oranje, ligblou, groen en geel!

Kyk hoe lyk Leandie du Randt nou!

Subtiele en neutrale skakerings vir jou naels is nou ’n groot tendens. En ons is mal oor hoe stylvol en supersjiek dit jou laat lyk.

Kies só die beste neutrale kleur vir jou naels.

Op die internasionale loopplanke is sagte, deursigtige neutrale skakerings vir die herfs baie gewild. Probeer skakerings van ligpienk, perske, wit, beige en sand. Vir ’n meer glansende voorkoms, kies blink skakerings in silwer, goud of brons.

As jy ’n ligte gelaat het . . .

. . . kies perske, beige en deursigtige ligpienk skakerings. Vermy neutrale skakerings wat té donker is.

Ster-inspirasie: Sangeres Selena Gomez

 

As jy ’n sonbruin gelaat het . . .

. . . kies ’n sagpienk skakering en subtiele metaalskakerings in goud en brons. Vermy silwer skakerings.

Ster-inspirasie: Aktrise Olivia Munn

 

As jy ’n medium gelaat het . . .

. . . kies vuilpienk, pastelpers en metaalskakerings. Vermy vaal kleure.

Ster-inspirasie: Aktrise Sofia Vergara

 

As jy ’n donker gelaat het. . .

. . . kies ligbruin, wit en perske skakerings.

Ster-inspirasie: Aktrise Jada Pinkett Smith

 

Wenk: Ligte of neutrale skakerings werk perfek as jou naels geneig is om kort en klein te wees, want donker skakerings kan jou naels nog kleiner laat lyk.

 

Het jy geweet?

Die Franse manikuur het glo nie sy wortels in Frankryk nie, maar in Hollywood! ’n Man genaamd Jeff Pink, skepper van die naelsorgreeks Orly, het na bewering dié voorkoms, waar jou naelpunte wit geverf word en die res van jou nael met ’n byna deursigtige neutrale of pienk skakering afgerond word, in die 70’s spesiaal vir Hollywood-aktrises geskep. Hy’t besluit om dit die “Franse manikuur” te noem nadat dit ’n treffer op die Paryse modeloopplanke was, het die internasionale mode-joernaal Women’s Wear Daily in 2013 berig.

Diaan Lawrenson verlaat 7de Laan

Neutrale naels hoef nie vervelig te wees nie. Kyk net na dié interessante subtiele naelkuns-idees . . .

FOTO: Verskaf deur essie

FOTO: Verskaf deur essie

Modern French #manicure with #JINsoon French Lilac. #thusday #nailart #beauty #french

A photo posted by JINsoon (@jinsoon) on

 

FOTO: Verskaf deur essie

FOTO: Verskaf deur essie

so clean

A photo posted by Madeline Poole (@mpnails) on

FOTO: Verskaf deur essie

FOTO: Verskaf deur essie

FOTO: Verskaf deur essie

FOTO: Verskaf deur essie

Bronne: www.marieclaire.com, www.allure.com, www.totalbeauty.com

NUUT! SARIE se eie modekursus