Ons hou van

L’Oréal se eerste naelkunstenaar

Tom Bachik het laat in sy lewe dié bedryf ontdek en het eintlik ’n graad in grafiese ontwerp. 

Hy word as kunstenaar beskou omdat hy nie net ’n gewone manikuur perfek doen nie, maar selfs kunswerke op vroue se naels kan skep deur ingewikkelde patrone met naellak te vorm. 

Bekende modetydskrifte soos Vogue, Vanity Fair, Elle, InStyle en Harper’s Bazaar en modehuise soos Gucci, Versace en Chanel druk op Tom se knoppie wanneer hulle ’n kenner nodig het.