FOTO: Instagram (@essiepolish)

FOTO: Instagram (@essiepolish)

Ons hou van

Naellak-idees vir kort naels + nuutste naelkleur-tendense

Korter en goed versorgde naels is vanjaar tydens die New Yorkse Modeweek se Lente/Somer 2016-voorskou orals op die loopplank gesien. Die bekende naellak-reeks essie se naellak-ontwerpe vir modeontwerpers soos Zac Posen en Naeem Khan het veral met dié tendens gespog. Of jy verkies om jou naels kort te dra en of dit van nature klein is, hiér is ’n paar idees uit essie se loopplank-ontwerpe om kort naels dié somer steeds glansryk te laat lyk.

Emoji-sleutelbord binnekort beskikbaar

1. As jou naels geneig is om kort en klein te wees, kies ligte of nude skakerings omdat donker skakerings geneig is om jou naels nog kleiner te laat lyk. Gelukkig is pastel en neutrale skakerings soos grys, ligpienk, sagblou en oranje tans ’n groot tendens.

FOTO: Verskaf deur essie

FOTO: Verskaf deur essie

2. Versier jou naels met vertikale strepe of kolle. Dit skep die illusie van lengte.

FOTO: Verskaf deur essie

FOTO: Verskaf deur essie

3. Probeer ’n omgekeerde Franse manikuur deur ’n subtiele wit halfmaan aan die onderkant van jou naels te verf en die res van die nael deursigtig te hou.

FOTO: Instagram (@essiepolish)

FOTO: Instagram (@essiepolish)

4. As jy van naelkuns hou, wend die ontwerp eerder aan die basis van jou naels aan. Dit trek die aandag weg van jou kort naelpunte. Wend ook eerder kleure wat helder of donkerder is aan die onderste helfte van jou naels en ligter kleure aan die punte.

FOTO: Verskaf deur essie

FOTO: Verskaf deur essie

5. Laat een of twee naels uitstaan deur dit met ’n helder of metaalskakering te verf sodat die skakering jou oog vang eerder as die lengte van die nael.

FOTO: Verskaf deur essie

FOTO: Verskaf deur essie

6. Metaalskakerings werk ook goed op kort naels omdat die glans lig weg van jou naels af reflekteer, wat dit groter laat lyk. Boonop sal dit, as jou naels begin krakies kry, nie so sigbaar wees soos wanneer dit op langer naels is nie.

FOTO: Instagram (@essiepolish)

FOTO: Instagram (@essiepolish)

Dié nuwe boek is perfek vir vlegsel-aanhangers

Die top-naelkleure vir somer

Dié seisoen is gesonde naels wat versorg lyk en min moeite verg in die kol. Probeer ’n deursigtige naellak wat net ’n tikkie kleur bevat om jou naels ’n subtiele wit of pienk skynsel te gee. En as jy meer kleur verkies, hoef jy net na die vele skakerings van ’n somer-sonsondergang te kyk vir inspirasie, volgens Plascon se nuutste kleurvoorskou-verslag. Kies aardse skakerings soos beige, sagpienk, blou en koraal vir stranddae. Helder oranje, turkoois, geel, pers en metaalskakerings is perfek vir langs die swembad.

Probeer dié skakerings

  1. Dior Nail Glow (R330)
  2. essie Nail Lacquer in Perennial Chic (R125)
  3. Sally Hansen Complete Salon Manicure in Peach of Cake (R90)
  4. Mavala Color Pearl in Caftan Blue (R68)
  5. Ice Box Colors in High Tea (R110 vir 15 ml). By Dis-Chem
  6. Morgan Taylor Professional Nail Lacquer in Don’t Rain On My Masquerade (R123)

Bronne: www.buzzfeed.com, www.brit.co

FOTO’s: Bekendes trek snaakse gesigte voor die kamera