Ons hou van

Navorsing vir jóú deur L’Oréal

Dié skoonheidshuis het onlangs toestelle van Europa na Suid-Afrika gebring wat spesiale foto’s neem waarmee hul vroue se spesifieke veltone kan bepaal. Hul hoop om deur dié navorsing uit te vind hoe vroue se persepsie van hul velkleur hul keuses van produkte beïnvloed.

Ek het L’Oréal besoek om te kyk na dié toestelle, en het selfs my eie foto’s laat neem. Kyk hoe lyk die masjien:

‘n L’Oréal-wetenskaplike neem ‘n foto met dié spesiale masjien om die vrou se presiese veltoon te bepaal.
'n L'Oréal-wetenskaplike bestudeer die resultate van 'n foto wat geneem is. ‘n L’Oréal-wetenskaplike bestudeer die resultate van ‘n foto wat geneem is.