Ons hou van

Naweekwenk: ‘Grimering is nie soos ’n tatoeëermerk nie’

Een van die gewildste grimeertendense vir die somer is om helderkleurige grimering te dra. Eksperimenteer met dié kleure, want jy kan dit altyd afhaal as dit nie vir jou mooi lyk nie.

“Grimering is nie soos ’n tatoeëermerk nie  – jy kan dit afwas!” Alicia Schutte, grimeerkunstenaar by Bobbi Brown. Daarom is die beste raad om jou helderkleurige lipstiffies, blossers en oogskadu uit te haal wanneer jy voor die spieël gaan sit. Eksperimenteer met die helder kleure en as jy nie daarvan hou nie, was jy dit bloot af.