Ons hou van

Naweekwenk: Kry die perfekte haarstyl vir die somer

Golwende hare is dié jaar ’n baie gewilde somerhaarstyl. Nie net lyk dit ontspanne nie, dié voorkoms verg ook min moeite. Hier is raad vir lang én kort hare!

Vir lang hare

Stap 1: Wend ’n serum wat jou hare glad hou aan jou klam hare en draai dit dan in ‘n bolla en maak dit met ’n haarrekkie vas.

Stap 2: Laat jou hare so droog word.

Stap 3: Sodra jou hare droog is, kan jy die bolla losmaak. Kam liggies deur die golwe om dit losser te maak.

Gaan kyk op Pinterest na die SARIE-span se gunsteling-somerhaarstyle!

pinterest

Vir korter hare

Stap 1: Gebruik ’n kam om jel deur jou klam hare te werk. Deel jou hare in seksies op en draai dit in die rondte. Rol dit dan om jou vingers tot teen jou kop. Steek met ‘n knippie vas.

Stap 2: Los dit om droog te word voordat jy die knippies uithaal.

Stap 3: Trek jou vingers deur die krulle vir ‘n natuurlike voorkoms.