Ons hou van

Bekendes se vreemde skoonheidsgewoontes

Die uitspattige Lady Gaga gebruik kleefband om haar grimering af te haal! Sy meen dié metode werk veral goed wanneer sy baie blinkers vir haar voorkoms gebruik het. 

Blondines gebruik suurlemoensap om hul goue lokke ligter te maak, maar Nicole Kidman verkies bosbessiesap (cranberry juice) om haar rooi hare se kleur te laat opvlam. 

In flieks en op televisie word gereeld hiermee gekgeskeer, maar Sandra Bullock gebruik aambeisalf onder haar oë om pofferigheid te verminder!

Mariah Carey voeg glo weer peperment-olie by haar lipglans om haar lippe mooier te laat lyk. Dié olie stimuleer bloedvloei wat jou lippe se natuurlike kleur verbeter en dit ‘n bietjie voller laat lyk. 

Maar wat byna die moeilikste is om te glo is dat Cindy Crawford met soveel vogrome beskikbaar, melk oor haar gesig spuit om haar vel vogtig te hou!