Ons hou van

Woensdagwenk: Noodsaaklikhede vir jou reis-skoonheidstas

Wanneer jy op vakansie gaan, is dit altyd ’n uitdaging om te weet wat om in jou skoonheidstas te pak en wat om by die huis te los. Elizabeth Fresco van Freebees PR & Marketing, wat handelsname soos Essence, Nuxe en OGX bestuur, deel met die SARIE-skoonheidspan riglyne en produkte waarmee jy steeds tuis weg van die huis kan voel.

Ons gunsteling pakwenke vir jou skoonheidstas:

1. Vermy enige glas verpakkings. Vra by jou naaste skoonheidstoonbank vir ’n toetsbotteltjie van jou gunsteling parfuum.

2. Vloeistof wat uit jou skoonheidsprodukte lek is altyd ’n probleem. Pak daarom jou droë en vloeibare skoonheidsprodukte in twee verskillende sakkies.

3. Druk die lug uit die bottels van jou vloeibare skoonheidsprodukte voordat jy dit inpak. Dit sal voorkom dat die bottels lek indien daar ’n verandering in lugdruk is.

4. Om plek te spaar is dit slim om so veel as moontlik produkte te vat wat ’n dubbele doel dien, soos ’n roomblosser wat ook gebruik kan word om kleur aan jou lippe te gee. Neem ook ’n oogskadu-palet saam met skakerings wat geskik is vir ’n dag- en aand-voorkoms.

5. As jy werklik lig wil reis is dit nie eens nodig om naellak in te pak nie. Jy kan waarookal jy is vir jou ’n goedkoop naellak koop vir die vakansie.

6. As jou gunsteling-sjampoe en opknapper groot en bonkig is, gooi dit oor in kleiner reisgrootte bottels. (Beskikbaar by Dis-Chem). Jy kan selfs vir ’n kampnaweek droë sjampoe inpak. Dié sjampoe absorbeer olie op jou hare, terwyl dit ook sorg vir volume én lekker ruik.

7. Vir noodgevalle is meerdoelige gesiglappies jou redding! Dit kan gebruik word om onder meer jou grimering te verwyder, jou hande skoon te maak en jou gesig te verfris.

Vier somer in reisigerstyl – lees meer!

Dít is in SARIE se skoonheidstas:

1. The Body Shop Vitamin E Cool BB Cream (R145)

2. Shiseido Face Color Enhancing Trio in Lychee (R515)

3. Woolworths Volumising Mascara in Black (R130)

4. Wet n Wild Color Icon Eyeshadow Collection in Petal Pusher (R90). By Clicks

5. Lipstiffies in twee skakerings: Revlon Colorburst Lip Butter in Berry Smoothie (R135) en Black|Up Rouge à Lèvres Matte Lipstick in n° 37M (R265)

6. Gosh Facial Cleansing Wipes (R49). By Edgars

7. Lamelle Dermaheal Travel Pack (R435 vir 4 bottels van 10 ml elk). Dit bevat ‘n Dermaheal Foaming Cleanser, Dermaheal Daily Cellular Repair Cream, Dermaheal Ultra Moisturising Renewal Cream en ‘n Dermaheal Hydrating Sunscreen (SPF 30). Skakel 011 465 2264

8. Badger Unscented SPF 35 Face Stick (R137). By Clicks

9. TRESemmé InstantRefresh Dry Shampoo (R63)

10. Johnson’s 3-in-1 Makeup Removing Lotion (R48)

Grimeerwenke vir ’n porselein-gelaat

The Body Shop Vitamin E Cool BB Cream (R145)

Shiseido Face Color Enhancing Trio in Lychee (R515)

Woolworths Volumising Mascara in Black (R130)

Wet n Wild Color Icon Eyeshadow Collection in Petal Pusher (R90). By Clicks

Revlon Colorburst Lip Butter in Berry Smoothie (R135)

Black|Up Rouge à Lèvres Matte Lipstick in n° 37M (R265)

Gosh Facial Cleansing Wipes (R49). By Edgars

Lamelle Dermaheal Travel Pack (R435 vir 4 bottels van 10 ml elk). Dit bevat ‘n Dermaheal Foaming Cleanser, Dermaheal Daily Cellular Repair Cream, Dermaheal Ultra Moisturising Renewal Cream en ‘n Dermaheal Hydrating Sunscreen (SPF 30). Skakel 011 465 2264

Badger Unscented SPF 35 Face Stick (R137). By Clicks

TRESemmé InstantRefresh Dry Shampoo (R63)

Johnson's 3-in-1 Makeup Removing Lotion (R48)

5 Wenke om nuwe lewe aan jou grimering te gee