liya_kebede
Ons hou van

Nuutste L’Oréal gesig uit Afrika

Die nuutste toevoeging tot dié familie is die model Liya Kebede, wat oorspronklik van Ethiopië af is.

“Liya is ’n sterk, dapper en inspirerende vrou met ’n verfynde en betowerende skoonheid,” sê Cyril Chapuy, handelsmerk-president van L’Oréal Paris.

Dié model is egter nie net ’n mooi gesig nie. Sy het in 2005 die Liya Kebede Foundation gestig wat geld insamel vir die Durame-hospitaal in Ethiopië met die doel om dié instelling van hulpmiddels te voorsien.

Sy sluit haar aan by ander L’Oréal-woordvoerders, onder wie Inès de la Fressange, Gwen Stefani, Jane Fonda, Jennifer Lopez en Gerard Butler.