Ons hou van

Nuwe baadjie vir ou gunsteling Red Door

Nou kry dié skoonheidshuis se produkte nuwe lewe met ’n splinternuwe voorkoms. Wees op die uitkyk vir die nuwe verpakking van hul velsorg-gunstelinge Prevage, Ceramide en Eight Hour Cream. 

Hul grimeerreeks kry ook ’n moderne, sjiek voorkoms met die ikoniese rooi deur op elke produk. 

Hieronder is van die bekendes wat die glansgeleentheid by die Circa-kunsgalery in Johannesburg bygewoon het.

Tamara Dey Die Flash Republic-sangeres, Tamara Dey, kyk na die toetsgroottes Elizabeth Arden-produkte wat uitgedeel is.
Nthato Mashishi, Mary Beth Mazzotta en Gina Myers Elizabeth Arden-grimeerkunstenaars Nthato Mashishi (links) en Gina Myers (regs) saam met Elizabeth Arden se adjunkpresident van plaaslike bemarking vir die Suidelike Halfrond, Mary Beth Mazzotta.
Mary Beth Mazzotta Mary Beth Mazzotta het al die pad van New York af gevlieg om dié geleentheid by te woon.
Plaaslike vermaaklikheidspersoonlikheid Zuraida Jardine (links) saam met Elizabeth Arden-grimeerkunstenaar Gina Myers (regs). 
Reeva Steenkamp en Gina Myers Gina Myers (regs) op die trappe van die Circa-kunsgalery in Johannesburg saam met die model Reeva Steenkamp.
Mary Beth Mazzotta Mary Beth Mazzotta vertel die gehoor van die veranderinge aan Elizabeth Arden as handelsmerk.