Ons hou van

Nuwe boek perfek vir vlegsel-aanhangers

Vlegsels is die afgelope paar jaar ’n gewilde haartendens en dit lyk nie asof dié veelsydige styl vinnig uit die mode sal gaan nie. As jy lief is om jou hare te vleg, sal jy mal wees oor die nuwe boek Vlegsels: stap vir stap (R150) deur twee Deense skoolvriendinne, Marie Wivel en Laura Arnesen.

Koninklike prinses maak naam in Hollywood

Dié twee vriendinne het in 2013 tydens ’n skoolstaking uit verveelheid besluit om nuwe vlegseltegnieke en style op mekaar uit te probeer om die tyd te verdryf. Hulle het hul vordering en skeppings op ’n blog en Instagram-profiel begin deel en het byna oornag volgelinge van die wêreld oor gekry. Vandag het hul Instagram-profiel en Youtube-kanaal saam sowat 160 000 volgelinge – en nou het hulle ook hul eie doen-dit-self boek wat reeds in sewe tale vertaal is, ook Afrikaans.

Vlegsels_omlsag-(1)web

Vlegsels: Stap vir Stap (R150) deur Marie Wivel en Laura Arnesen

In die boek word meer as 20 verskillende soorte vlegsels stap vir stap met foto’s en aanwysings beskryf.

Hiér is ’n uittreksel van twee bladyse:

Vlegsels uittreksel 1

FOTO: Verskaf

Almal met borste moet hier lees

Vlegsels: stap vir stap (R150) is by boekwinkels landswyd beskikbaar. Volg ook vir Marie en Laura op Instagram en Youtube by HairAndNailInspiration.

Hiér is ’n paar van ons gunsteling-vlegsel voorkomste van hul Instagram-profiel:

FOTO: Instagram (@hairandnailsinspiration)

Doen dit self: Die visgraat-vlegsel