Ons hou van

Nuwe Daisy-parfuum

Daisy Eau So Fresh is ’n opgewekte, vroulike geur met note soos framboos, peer, roos, jasmyn en viooltjie.

Die nuwe bottel is ’n langer, slanker weergawe van die vorige een. Die doppie het weer madeliefies op, maar dié keer is daar ook pienk en geel blomme by die oorspronklike wittes.

Boonop gee die pienk kleur van die nuwe parfuum dit ’n sagte, ultravroulike gevoel.