Ons hou van

Nuwe haar-trend: Die sexy S-golf

Daar’s geen twyfel dat ’n golwende lob, wat effens deurmekaargekrap is vir tekstuur, die afgelope jaar die rooi tapyt oorheers nie. Ons is mal oor dié voorkoms, veral omdat dit by almal pas. Maar deesdae wil dit lyk asof ’n nuwe tendens onder bekendes begin posvat – die sexy S-golf-haarstyl!

Dié haarstyl is ’n moderne en gemakliker weergawe van die glansryke ou-Hollywoodse golwe soos Elizabeth Taylor en Grace Kelly in die 1950’s gedra het. Dit word uitgeken aan die “S” wat jou hare gewoonlik langs jou gesig vorm. Die geheim is om groter golwe in jou hare te skep, waarna jy dit netjies met ’n breë, plat borsel (paddle brush) uitkam. Dit laat jou golwe glansend en gedefinieerd lyk.

Ons is mal oor dié bekendes se S-golwe op die rooi tapyt:

Jennifer Lawrence

 

Naomi Watts

 

Gigi Hadid

Die supermodel Gigi Hadid het haar golwe net ’n klein bietjie deurmekaargekrap vir ekstra volume.

 

Anne Hathaway

 

Lily Collins

Hiér wys die haarstileerder-vervaardiger ghd stap vir stap hoe om die haarstyl te skep:

 

Probeer dié produkte:

ghd Curve Classic Wave Wand (R2 299). By uitsoeksalonne

Skep glansryke krulle met dié stileeryster.

John Frieda Frizz-Ease Firm Hold Hairspray (R100)

Spuit ’n bietjie haarsproei op jou haarborsel voordat jy jou krulle netjies uitkam.

Moroccanoil Smooth Blow-Dry Concentrate (R395). By uitsoeksalonne

Probeer dié produk vir glad uitgeblaasde hare sonder enige kroeserigheid.

Creightons The Curl Company Curl Reviving Styling Spray (R130). By Clicks

Verfris en definieer jou krulle met ’n paar spuitjies van dié stileringsproei.

L’Oréal Paris Elvive Nutri-Gloss Illuminating Shampoo (R50 vir 250 ml)

Die S-golf-haarstyl lyk veral mooi by glansende hare. Gebruik dié voedende sjampoe en opknapper om vaal hare nuwe lewe te gee.

L’Oréal Paris Elvive Nutri-Gloss Illuminating Conditioner (R50 vir 250 ml)

Die S-golf-haarstyl lyk veral mooi by glansende hare. Gebruik dié voedende sjampoe en opknapper om vaal hare nuwe lewe te gee.

Bronne: www.refinery29.com

Lees nou

5 bekendes wat gaan pa word

Haarkleur-trends om na uit te sien die komende lente