Ons hou van

Nuwe lewe vir gunsteling-geur

Vandag is Aramis Classic (R695 vir 110 ml EDT) steeds ’n gunsteling-geur onder mans. Dis ook die topverkoper in Suid-Afrika onder mansparfuums. Aramis Classic is ’n warm kombinasie van geure wat sitrus, speserye soos salie en tiemie, en ou gunstelinge soos patsjoelie en sandelhout insluit.

Dié jaar kry hierdie klassieke parfuum nuwe energie met ’n splinternuwe advertensieveldtog wat hulde bring aan vorige Aramis-veldtogte uit die 70’s, 80’s en 90’s. Die twee nuwe gesigte van dié geur, die modelle Paul Sculfor (eks-kêrel van Cameron Diaz en Jennifer Aniston) en Didier Zonga, sorg vir ’n vars, moderne gevoel vir dié goue oue.

[box:full:grey:both]Aramis in ’n neutedop

Estée Lauder het die geur spesiaal vir haar man, Joseph Lauder, ontwerp.

■ Dis die eerste mansparfuum wat in kettingwinkels verkoop is.

■ Dit word vandag in meer as 120 lande en landstreke verkoop.

■ ’n “Aramis-man” word beskryf as passievol, sterk, idealisties en vol selfvertroue.

[/box]