Ons hou van

Nuwe nael-trend: Teksture soos leer en sement

Die Britse maatskappy, Nails Inc, het naellakke ontwerp wat sorg vir ‘n unieke tekstuur op jou naels. Jy kan kies uit hul Leather Effect (in swart, rooi of tan) of die Concrete Effect (in rooi, blou, grys of geel).

Hul het ook ‘n wye reeks kleure in gewone naellak en verskeie stelle waarmee jou naels ekstra bling kan gee.

Besoek www.nailsinc.com of volg hul op Twitter (@nailsincsa)

* Vanaf Maart beskikbaar by Edgars en Red Square