FOTO: Instagram (@laquenailbar)

FOTO: Instagram (@laquenailbar)

Ons hou van

Nuwe tendens: ‘Mat’-naels

SARIE se skoonheidspan het ’n nuwe gier ontdek – naels met ’n mat-afwerking! Verruil jou skitterblink naels vir ’n mat-voorkoms deur bloot ’n deursigtige mat-naellak bo-oor jou gekleurde naellak te verf.

  • O.P.I Matte Top Coat (R196)
  • Sally Hansen Big Matte Top Coat (R80)
  • GOSH Nail Lacquer Matte Top Coat (R79)

 

Neonkleure vir jou naels en lippe vir die lente

Wenk: Mat-naels pas perfek by korter naels omdat dit geneig is om vinniger af te dop.

Die bekende susters Kendall en Kylie Jenner word gereeld met dié nael-voorkoms gesien.

 Wenk: Wend twee lae van jou gewone naellak aan voordat jy die mat-bolaag aanverf.

Ontwerp jou eie naelkuns met dié app

Die SARIE-span het dié drie voorkomste uitprobeer:

Naellak-skakering met ’n deursigtige boonste lagie naellak in ’n mat-afwerking

Mat-naels met ’n glanspunt

Geometriese mat-en-glans-naels

Wenk: Dié voorkoms lyk die mooiste as jy ’n naellak wat ’n bietjie glinster aanverf voordat jy die mat-produk gebruik. Die kleur lyk dan helderder.

  • Revlon Colorstay Gel Envy Longwear Nail Enamel in Showtime (R110)
  • Ice Box Colors in Northern Lights (R110 vir 15 ml). By Dis-Chem
  • Wet n Wild Wild Shine Nail Color in Red Red (R25). By Clicks

 

Kry met dié reeks jou mooiste rooi lippe – lees meer!