d2x4332
Ons hou van

Nuwe trend: Kleur sélf jou hare in

Hair chalking” is wanneer jy jou hare tydelik kleur met gekleurde kryt-pastelle. Dit is die perfekte oplossing as jy ’n helder kleur wil hê wat jy dadelik kan uitwas.

Probeer die Staedtler Pastel Chalks wat kom in pakkies van 12, 24, 36 en 48.

Staedtler Pastel Chalks

Let wel: Moet NIE oliepastelle gebruik nie, dit sal jou hare vlek.

Doen dit so:

1. Werk met droë hare. Vat die stukkie hare wat jy wil kleur en maak dit klam met water. Jy kan ook die pastel met water natmaak.

2. Vat die pastel en begin teenaan jou kopvel. Kleur jou hare stelselmatig in tot by die punte.

3. Gebruik ‘n haaryster en stryk oor die gekleurde hare om die kleur te laat hou.

4. Moenie bang wees om met verskillende kleure en patrone te speel nie!

  • Makkie

    Waar kan ek daarvan koop?

  • Audrey Thom

    Ek was jonk in die sorgelose, hippie-blommetyd-jongmense…ek dink dis erg, coooool en ek sou en sal dit maklik doen…ek hou baie daarvan!

  • Quzette

    Waar koop mens die?

  • petru

    Ek het orals al gesoek, waar koop mens dit????

  • Keana

    Ek het myne by PNA gekoop

  • petru

    Was by my lokale PNA Centurion, en hulle se hulle hou die produk nie aan nie??????? So wat nou????

  • SARIE

    Ons skoonheids-assistent in JHB sê julle kan dit by enige goeie skryfbehoeftewinkel koop.