FOTO: Instagram (@kimkardashian)

FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Ons hou van

Nuwe trend: Turkoois oogomlyner!

Dis winter! En as jy lus is om iets anders as dié seisoen se aardse en neutrale skakerings te probeer, is die nuwe tendens van turkoois oogomlyner vir jou. Hoewel dié voorkoms die afgelope paar jaar hier en daar kop uitgesteek het, word dit deesdae op al hoe meer bekendes soos Kim Kardashian, Taylor Swift, Aishwarya Rai en Natalie Portman gesien.

Só bly Charlize Theron en ander bekendes fiks

Turquoise vibes today #Armenia

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Gelukkig kan jy dié voorkoms maklik skep. Hiér is ’n paar wenke:

  • Die goeie nuus is dat turkoois oogomlyner by alle vel- en oogkleure pas. Dit laat jou oë uitstaan en is perfek vir wanneer jy net ’n spatsel kleur op jou gesig wil hê.
  • Turkoois oogomlyner lyk veral treffend wanneer jy dit aan jou waterlyn (die lyntjie net bo jou onderste wimpers) aanwend.
  • Gebruik ’n romerige oogpotlood wat waterbestand is om te verseker dat die kleur heeldag op jou waterlyn bly. Hou die res van jou ooggrimering subtiel en rond jou oë af met hope maskara.
  • Om die voorkoms te versag kan jy eerder ’n subtiele turkoois lyntjie en “vlerkie” net bo jou boonste wimpers aanwend en die lyntjie liggies smeer (smudge). Probeer ook turkoois of blou maskara.

Vyf jasse om die koue te fnuik

Probeer dié produkte:

  1. Smashbox Always Sharp 3D Liner in 3D Pacific (R250)
  2. REVLON PhotoReady Kajal Matte Eye Pencil in Matte Marine (R149)
  3. Clarins Crayon Khôl in Midnight Blue (R250)
  4. Max Factor False Lash Effect Mascara in Deep Blue (R140). By Clicks

Kim Kardashian is weer swanger!