Ons hou van

Om geur te vier

Kenzo-parfuum het behoorlik die sintuie geprikkel toe 30 000 papawer-blommetjies van sy op 4 September in die Nelson Mandela Square in Sandton uitgestal is om die koms van lente te vier. Hierdie blommetjies is later met Flower By Kenzo Eau de Parfum gespuit en aan winkelgangers uitgedeel!

Bloedrooi papawers wat langs wolkekrabbers in ʼn moderne, kosmopolitaanse stad groei, was die inspirasie vir hierdie geur wat wêreldwyd in 2000 bekend gestel is. Johannesburg het hiermee aangesluit by ʼn lys van groot wêreldstede wat reeds in rooi geklee was. Hulle is Parys, Londen, Milaan, Moskou, Buenos Aires, Wene en Hongkong.

  • Annalien

    ONGELOOFLIKE gesig! Dan’s jy nog ‘n goeie fotograaf OOK!!!!!