FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Ons hou van

Ombré is die seisoen se gunsteling-tendens

Die ombré-tendens, waar een kleur geleidelik oorgaan in ’n ander skakering of kleur, het die skoonheidswêreld dié seisoen behoorlik op horings geneem! Van haarkleur tot naellak en grimering – ombre is die gier om te volg!

Vir jou hare

Die ombré-voorkoms het gewild geword toe bekendes soos die Kardashian-susters, Jessica Alba, Kate Beckinsale, Drew Barrymore en Jessica Biel hul hare vanaf die middel na die punte ligter gekleur het as die boonste deel van hul hare, byna asof hulle net die punte gekleur het.

Meer oor Drew Barrymore se Ombré

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

 

 

 

Jy kan jou hare by die huis in die ombré-voorkoms kleure met L’Oréal Préférence Wild Ombrés (R160).

 

 

 

Ombré naels

FOTO: www.facebook.com

FOTO: www.facebook.com

 

Nou het die gier ook die wêreld van naelkuns oorgeneem. Kies twee skakerings van ’n kleur en gebruik ’n grimeersponsie om dit so aan te wend dat die een skakering weer geleidelik in die volgende skakering oorgaan, soos wat Lily Allen dit gedoen het.

Ons gunsteling-tendense vir naelkuns!

 

Kyk dié video om te sien hoe jy die voorkoms kan kry!

Nou ook grimering

Nou het grimeerkunstenaars ook hierdie tendens begin volg om jou grimering uniek en besonders te maak. Op hierdie video wys die internasionale grimeerkunstenaar Michelle Phan jou hoe om nie net ombré-lippe te kry nie, maar ook ombré-oë!

SARIE se skoonheidsredakteur Charis Labuschagne vertel jou ook stap vir stap hoe om die ombre vir jou lippe te kry in haar nuutste blog