martin.grant_2151_ss07
Ons hou van

Onderlaag vir nuwe glans

Om die regte onderlaag te vind is seker dié belangrikste stap in grimering.

“Ongelukkig is daar nie een perfekte formule wat vir elke vel werk nie – daarom is dit nodig om jou leefwyse en jou vel se behoeftes in ag te neem om seker te maak jy kies reg,” sê grimeerkunstenaar Lisa Cloete.

“Jou leefwyse sal jou ‘n goeie idee gee van hoeveel bedekking jy van jou onderlaag gaan verwag.

“Onthou: Om ‘n foutlose vel te skep beteken nie dat jy altyd onderlaag, poeier en verbloemer hoef te gebruik nie,” sê sy.

“Jou velkleur, ondertoon (m.a.w. is dit geel, pienk of neutraal), die hoeveelheid bedekking wat jy verlang en jou velsoort (olierig, droog, normaal of ‘n kombinasie) is die vier belangrikste aanwysers om in gedagte te hou wanneer jy ‘n onderlaag kies.”

Maybelline SuperStay 24H Foundation in Nude (R149,95) maak gebruik van Microflex-tegnologie wat saam met jou vel beweeg. Probeer ook Max Factor Second Skin Foundation in Warm Almond (R169) en Elizabeth Arden Pure Finish Mineral Tinted Moisturizer SPF15 (R235).