FOTO: Instagram (@januaryjones)

FOTO: Instagram (@januaryjones)

Ons hou van

Ons gunsteling-skoonheidsvoorkomste by die Emmy-toekennings

Die jaarlikse Emmy-toekennings het gisteraand in Los Angeles plaasgevind. Ons wonder altyd vooraf hoe ons gunsteling-TV-sterre hulself gaan optooi vir dié glansryke geleentheid. Hiér is die SARIE-skoonheidspan se gunstelinge op vanjaar se rooi tapyt.

Kyk hiér ook na die mooiste rokke op die Emmy-rooitapyt

Sarah Hyland

Die wavy bob was vanjaar dié haarstyl op die rooi tapyt en die Modern Family-aktrise het hierdie gemaklike styl perfek gedra. Saam met haar effens verbronsde vel en glansende nude lippe is haar voorkoms elegant en sexy, tog moeiteloos.

 

Om na te boots Glansende brons vel vir somer

Probeer Max Factor Bronzing Powder in Golden (R130). By Clicks

Emma Roberts

Die American Horror Story-aktrise se Ou Hollywoodse golwe het haar lang platinumblonde hare mooi ten toon gestel. Haar stralende vel en sagpienk lippe gee haar ook ’n jeugdige voorkoms.

 

Om na te boots Ou Hollywood-golwe

Probeer ghd Curve Creative Curl Wand (R1 899). By uitsoeksalonne

Amanda Peet

Aktrise Amanda Peet het uitgestaan met klassieke rooi lippe en goed gedefinieerde wenkbroue. Sy was ook een van die min bekendes wat haar hare in ’n elegante opstyl gedra het.

 

Om na te boots Klassieke rooi lippe

Probeer Estée Lauder Pure Color Envy Velvet Lipstick in Volatile (R345)

Vind jóú skakering onderlaag

January Jones

Ons is mal oor aktrise January Jones se vars en gemaklike voorkoms. Haar hare lyk byna ongestileer, tog gemaklik en formeel, terwyl haar deursigtige pienk lippe en metaalskakering oogskadu ideaal vir ons lenteseisoen is.

 

Om na te boots Metaalskakerings op oë

Probeer Dior Addict Fluid Shadow in Aurora (R445). Beskikbaar vir ’n beperkte tyd

Kerry Washington

Kerry Washington het gewys dat ’n faux bob steeds hoogmode is. As jy lang hare het en jy wil die gewilde bob-tendens uitprobeer is dié haarstyl ideaal. Hiér verduidelik ons jou hoe om ’n faux bob te maak.

 

Koningin Elizabeth Skype met haar kleinkinders