ons toets
Ons hou van

Ons toets: Basislaag (primer) vir olierige vel

Ek het al gehoor van die voordele van ’n basislaag (primer), maar was skrikkerige om een uit te probeer omdat my vel geneig is om baie olierig te raak. Ek het gedink nóg ’n lagie op my vel sal die olierigheid net vererger. Die Inglot Under Makeup Base (R299) het my egter aangenaam verras! Die deursigtige formule is sysag en absorbeer oortollige olie wat my vel heeldag ’n mat-afwerking gee. Ek wend dit elke oggend tussen my velsorgroetine en my onderlaag aan. My vel lyk glad en stralend en my onderlaag hou nou heeldag lank. Soms wend ek selfs nét die basislaag aan. By uitsoektakke van Edgars en Inglot-winkels in Gauteng, Kaapstad en Durban. Besoek ook www.inglotsouthafrica.com

inglot-under-makeup-base

Inglot Under Makeup Base

- Arnoldi Pienaar, SARIE-leser

 

Nóg grimeer-produkte spesiaal vir jou getoets: