gct_banner_070710
Ons hou van

Ons toets: Batiste Cherry Dry Shampoo (R60)

Batiste Dry Shampoo (R60) by Clicks

“Ek het al verskillende vervaardigers se droë sjampoe probeer. Hoewel dit altyd my hare skoon laat lyk het, het baie produkte my hare taai gemaak, asook moeilik om te hanteer. Toe ontdek ek Batiste Dry Shampoo (R60 by Clicks)!

Dit maak my hare skoon sonder om my hare vaal te laat lyk. En dis maklik om te gebruik. Jy hou die bottel sowat 30 cm van jou kop weg en spuit dit aan, wag vir so twee minute en dan trek jy die borsel ’n paar keer deur jou hare. Dit werk soos ’n bom! My hare is skoon én maklik om mee te werk!

Boonop ruik die Cherry Dry Shampoo soos somer!”

SARIE se skoonheid-intern, Elmari de Vos

– SARIE se skoonheid-intern Elmari de Vos