Ons hou van

Ons toets: BB-room vir vleklose vel

Ek hou van ’n produk wat my vel natuurlik, sag en glad laat lyk. En M.A.C Prep + Prime BB Beauty Balm SPF 35 (R380) het dit als gedoen en meer! Niemand weet van die knoppies en merkies wat onder die room wegkruip nie. Ek hou daarvan om te dink dat dit al die merkies wegsteek, maar nie so ’n formele voorkoms soos onderlaag skep nie. Ek dra dit selfs as ek gaan oefen.

mac beauty balm

Wanneer ek haastig is, wend ek dit aan soos wat ek vogroom sal aanwend (druk bietjie room in die palm van my hand, vryf my hande teen mekaar en smeer die room aan my gesig). As ek ’n paar minute meer tot my beskikking het, wend ek dit met my vingerpunte aan my gesig. Ek dra dit elke dag en ná drie maande is daar steeds room in die buisie. Ek beveel dit aan vir al my vriendinne wat BB-room oorweeg.

elmari1_200w 

 

 

Elmari de Vos, webjoernalis