18orig006_310w
Ons hou van

Ons toets: Beauty Factory Co. Hand & Nail Cream

Daar is niks wat ’n vrou se ouderdom so vinnig verklap soos haar hande nie! Ons is geneig om baie aandag aan ons naels te gee, maar vergeet soms om die vel van ons hande met dieselfde aandag te versorg. Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur, toets dié week Beauty Factory Co. Hand & Nail Cream.

phyllis_green_03_small1_300w

Foto: Verskaf

 

Ek gebruik handeroom elke keer nadat ek my hande gewas het. En glo my, dis nogal baie. Beauty Factory Co. Hand & Nail Cream (R49), ‘n plaaslike produk nogal, het my beïndruk. Dit het ‘n ryk en romerige tekstuur, daarom gebruik jy regtig net ’n klein hoeveelheid om jou hande en naels goed te bevog. Dit help selfs om my hardnekkige naelvliesies sagter te maak. Ek is nie mal oor gegeurde handeroom nie en hierdie room het ‘n baie skoon en neutrale reuk. Vir ’n lys van winkels van waar Beauty Factory Co.-produkte beskikbaar is, besoek www.beautyfactory.co.za of bestel dit aanlyn.

Phyllis het ook Shiseido Bio-Performance Advanced Super Restoring Cream getoets. Klik hier om meer te lees daaroor.