FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ons hou van

Ons toets: Bioderma-reiniger

Ek het onlangs Bioderma Sensibio H2O Micelle Solution for Sensitive Skin (R160) ontdek. Dit is deel van ’n kategorie gesigreinigers genaamd Micellar Waters en bevat mikroskopiese olie-deeltjies wat jou vel sagkens skoonmaak.

Vanweë die olie-deeltjies voel my vel glad nie droog nadat ek dit gebruik het nie en dit verwyder hardnekkige grimering soos maskara vinnig en maklik. Ek was só beïndruk met dié reiniger dat ek meer daaroor gaan lees het en ek was verras om te sien dat dit ’n groot gunsteling onder internasionale modelle is, juis omdat dit grimering so goed verwyder.

Sensibio-H2O-250ml-142x180

Ek hou dit sommer op my bedkassie en gebruik dit elke aand pleks daarvan om my gesig te was. - Charis Labuschagne, skoonheidsredakteur

* By uitsoek-winkels, Dis-Chem en Clicks beskikbaar.