catrice_bb_allroundfound_tube_010_310w
Ons hou van

Ons toets: Catrice Cosmetics BB Allround Foundation

Catrice Cosmetics se BB Allround Foundation Multi-benefit Makeup bevat bestanddele wat jou vel herstel, beskerm, verlig, bevog en bedek. Dié week toets SARIE se skoonheidsassistent, Elmari de Vos, dié BB-room.

Ek was nog nooit mal oor onderlaag nie – dit voel baie maklik swaar op my vel en teen die tyd dat ek vanaand my gesig was, voel dit asof my vel heeldag nie asem kon kry nie. My gesig voel droog en moeg. Tog is ek nie gretig om onderlaag-vry te gaan nie, daar is altyd ’n vlekkie of ’n skielike uitslag wat verbloem moet word.

elmari1_200wDié dat ek so nuuskierig geraak het oor BB-room. En Catrice Cosmetics BB Allround Foundation Multi-benefit Makeup (R77) was die perfekte keuse vir my eerste BB-room. Die tekstuur daarvan is soortgelyk aan my vogroom s’n. Ek spuit omtrent ’n tiensent-grootte van die room in my hand en smeer dit dan aan my gesig soos wanneer ek vogroom aanwend.

Die resultaat? Die aanwending is egalig en vlekkies en knoppies op my vel is verbloem. My gesig voel nie droog aan die einde van die dag nie én dis veilig as ek in die buitelug is, want die room het ’n SBF van 30!