FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Ons hou van

Ons toets: Dr. Hauschka Lemon Lemongrass Vitalizing Body Wash

’n Heerlike lyfwas is een van my klein plesiertjies in die lewe, en een wat wonderlik ruik, kikker my gemoed soggens op (ek is nié ’n oggend-mens nie). Die Dr. Hauschka Lemon Lemongrass Vitalizing Body Wash (R215) het my onmiddellik vertroetel laat voel.

Die romerige formule (vermy dit liefs as jy hou van ’n seep wat baie skuim) het my vel sag gelaat terwyl ek die suurlemoen-geur nog lank nadat ek gestort het, kon ruik. Natuurlike bestanddele soos avokado-olie, kwepersaad-ekstrak en sonneblomolie sorg dat jou vel oorgenoeg vog kry én dit behou.

Ander geure sluit in amandel, laventel en sandelhout, en roos.

FOTO: verskaf

 

 

 

 

– Liesl du Toit, skoonheidassistent