ons toets
Ons hou van

Ons toets: Droë olie vir jou hare

Olies is tans hoogmode in die skoonheidswêreld. Of dit ’n olie vir jou gesig, hare of lyf is – daar is ’n magdom om uit te kies. Ek het onlangs die kans gekry om Dove se Pure Care Dry Oil Nourishing Treatment-haarolie (R180) uit te probeer en ek was ná die eerste gebruik reeds mal oor dié haarproduk. Danksy die ligte tekstuur word die olie vinnig in jou hare geabsorbeer sonder om jou kroon swaar of olierig te laat voel. Ek wend net ná ek my hare gewas het drie spuitjies aan my haarpunte om dit te voed en te bevog. Die punte lyk nou baie gesonder en is minder kroeserig wanneer my hare droog is. Boonop het die olie ’n heerlike geur en kan jy dit selfs ná stilering op droë hare aanwend om fyn haartjies wat regop staan te tem. Dié haarolie kry beslis ’n permanente plek in my skoonheidskas.

Dove Macadamia Oil Packshot_Bottle

Dove Pure Care Dry Oil Nourishing Treatment

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

- Monica Pienaar, skoonheidsassistent

 

 

 

 

 

Nóg olies vir jóú getoets: