Ons hou van

Ons toets: Droë sjampoe

Ek sien myself al as ’n kenner van droë sjampoes! Sodra daar ’n nuwe een beskikbaar is, is ek gretig om dit te probeer. En ek het Tigi Bed Head Oh Bee Hive! Dry Shampoo (R259), wat in die buiteland gewild is, baie geniet.

 

TIGI_Bed_Head_Oh_Bee_Hive_Matte_Dry_Shampoo_238ml_1382524658

Dit gee jou hare net die regte tekstuur sodat dit steeds maklik hanteerbaar is – iets wat vir my baie belangrik is wanneer ek droë sjampoe kies, aangesien baie van dié produkte jou hare taai laat voel. Die poeierige formule in jou hare verdwyn ook vinnig wanneer jy jou hare kam sodat dit nie vaal of wit lyk nie. Dit het alle olierigheid op my haarwortels geabsorbeer en my ’n was gespaar.

 

elmari1_200w

 

Elmari de Vos, webjoernalis