Ons hou van

Ons toets: Gesigmasker en afskilferaar ineen

Om jou vel af te skilfer is ’n belangrike stap in jou velsorgroetine. Dit verwyder nie net dooie selle op die oppervlak nie, maar behandel jou vel en help dat die produkte wat jy daarná aanwend, beter geabsorbeer word. Ek is mal oor ’n afskilferaar soos die Dr Gobac Exfoliating Masque (R425 by uitsoeksalonne en -spa’s).

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Dit bevat vrugtesure (wat ’n natuurlike afskilferaar is) en werk soos ’n masker (jy gebruik dit een of twee keer per week). Dit bevat nie korrels nie, maar papaja-ekstrak wat dooie velselle oplos.

FOTO: verskaf

My vel het supersag en glad gevoel ná ek die masker afgewas het – dit was glad nie droog nie. Ek kon ná ’n paar keer se gebruik ’n groot verskil sien in my vel se tekstuur en maak dit nou ’n gewoonte om twee keer ’n week my vel af te skilfer!

– Liesl du Toit, skoonheidassistent