ons toets
Ons hou van

Ons toets: Gesigbehandeling vir stralende vel

Soms is jou vel geneig om vaal en leweloos te lyk, veral tydens die droë wintermaande. Buiten ’n goeie velsorgroetine is daar verskeie estetiese skoonheidsbehandelings wat dié probleem kan aanspreek.

Die Venus Legacy-toestel maak gebruik van veilige radio-frekwensies om hitte-energie te genereer om die voorkoms van plooie en fyn lyntjies op jou gesig en nek te versag en kan ook suksesvol aangewend word om die voorkoms van rekmerke te verminder. Die tekstuur van jou vel word ook verbeter vir ’n gesonde en stralende voorkoms. Die behandeling is vinnig en wissel van sowat 10 minute na ’n halfuur, afhangend van die area op jou lyf wat behandel word. Die terapeut reinig eers jou vel en wend dan ’n ligte jel aan die area op jou gesig wat behandel gaan word (dit verseker dat die kop van die toestel wat die polse uitstuur maklik oor jou vel kan beweeg). Daarna druk die terapeut die kop van die toestel liggies teenaan jou vel en laat dit stadig oor jou vel gly terwyl hitte-energie en elektromagnetise polse uitgestuur word. Jou vel voel baie warm terwyl die toestel sy werk doen – byna asof iemand ’n warm teelepel teenaan jou vel druk. Die terapeut handhaaf gelukkig die hitte-energie lewering sodat dit nie té warm word nie. My vel was ná die behandeling plomp en stralend. Dis die perfekte behandeling om voor ’n groot geleentheid soos jou troudag te doen omdat dit vinnig is en geen rooiheid of merke op jou vel maak nie. Vir meer intensiewe behandeling en ’n langdurige resultaat word ’n kursus van 4 of meer behandelings aanbeveel. Venus Legacy-behandelings is beskikbaar by uitsoeksalonne landwyd. Besoek www.venustreatments.com vir meer inligting en meld SARIE as jou bron.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

- Monica Pienaar, skoonheidsassistent

 

 

 

 

Nóg gesigbehandelings spesiaal vir jou getoets: