ons toets
Ons hou van

Ons toets: Glansende verbronserpalet

As nuweling in die werksomgewing het ek dié jaar vir die eerste keer begin om met grimering te eksperimenteer. Dis in dié tyd dat ek van kontoerlyne uitgevind het en besluit het om dié grimeerstyl te probeer.

Kontoerlyne word met verbronsers en verligters getrek om jou gesig se beste eienskappe te beklemtoon. Kombineer dit met blosser en jou gelaat lyk sprankelend en gesond.

Stap-vir-stap: trek kontoerlyne só

Die essence sun club all-in-one bronzing highlighter in 01 sun light (R47) bied die ideale geleentheid om met kontoerlyne te eksperimenteer. Die palet bevat drie brons skakerings, ’n ligte skakering en twee pienk skakerings. Nou kan jy verbronser en verligter strategies aan jou gesig wend en ná die tyd ’n veeg pienk op jou wange sit. Die poeiers wend maklik aan en hou lank.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Wend verbronser vinnig en maklik aan

FOTO: Elmari de Vos

FOTO: Elmari de Vos

 

Boonop is dit ’n bekostigbare produk. Ek gooi die palet en my blosserborsel in my handsak sodat ek my voorkoms kan verfris wanneer ek planne ná werk het.

– Elmari de Vos, skoonheid-assistent by SARIE