ons toets
Ons hou van

Ons toets: Grimeerverwyderaar vir jou oë

Ek is altyd effens benoud wanneer ek ’n nuwe produk gebruik om ooggrimering af te haal. My oë is uiters sensitief en die kleinste irritasie kan dit baie rooi laat lyk – asof ek vir ure aaneen gehuil het. Wat my opgeval het van Like Silk Eye Make-Up Remover Pads (R50) is dat dit reukloos is en nie olierig voel nie. Die lappies is ook superdun. Nadat ek dit gebruik het, was ek baie beïndruk, want my oë was glad nie geïrriteerd nie.

LS_EyeMakeup(HIRES)T#E69C7F

Jou oë voel mos soms so ’n bietjie olierig nadat jy ’n ooggrimeringverwyderaar gebruik FOTO: verskafhet. Met hierdie produk was daar niks daarvan nie! Die vel rondom my oë het sag en bevog gevoel, sonder enige rooiheid of pofferigheid. Dit het waterdigte maskara en -omlyner maklik en vinnig verwyder. Hierdie plaaslike produk bevat kamille- en hamamelis-ekstrak (witch-hazel) wat jou vel streel.  – Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur