ons toets
Ons hou van

Ons toets: Haar-jel

Phyllis Green, SARIE-fotograaf en boekeredakteur, toets Redken se haar-jel Shape Factor 22 Sculpting Cream Paste (R322).

“Almal wat my ken, weet al dat my hare ’n modebykomstigheid is. Ek hou daarvan om dit elke dag anders te stileer. Daarom is ek ’n uitstekende verbruiker van enige tipe haarprodukte.

Vir my jongste styl gebruik ek graag Redken Shape Factor 22 Sculpting Cream-Paste (R650). Dit het ’n klewerige tekstuur en werk perfek om ’n groot krul op my kop te vorm en in plek te hou. Dan lyk my hare amper soos Tintin s’n!

Shape factor 22

Hierdie produk is ideaal vir kort haarstyle waar jy ’n styl wil skep wat die hele dag lank hou. Weet net jy moet ’n goeie sjampoe gebruik om dit uit jou hare te was. Ek is mal oor die produk!”

phyllis_green_03_small1_300w

 

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur