ons toets
Ons hou van

Ons toets: Haarjel vir los krulle

My hare is geneig om effens te krul, maar omdat dit ook baie dik is, sak die krulle vinnig uit. Ek het daarom gesoek na ’n haarproduk wat definisie aan my krulle kan gee sonder om my hare nog swaarder te maak.

Lee Stafford Here Come The Curls Crème Light (R95) is presies vir dié doel geskep. Ek het bloot ’n druiwekorrel-grootte van dié jel in my hand gespuit en in my hare gemasseer nadat ek dit gewas het. Dit het glad nie my hare taai of olierig laat voel nie. Die jel het my krulle sagter gemaak en effens meer definisie gegee, maar nie noodwendig die krullerigheid langer laat hou nie. Omdat dit ’n ligte jel-formule is, dink ek die produk sal perfek werk as jy fyn hare het. As bonus dien die produk ook as ’n aanbly-opknapper wat my hare elke keer ná gebruik sag en gesond laat voel. Beskikbaar by Clicks.

Lee Stafford Here Come The Curls Creme Lite

Lee Stafford Here Come The Curls Creme Lite

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

 

Monica Pienaar, skoonheid-assistent

 

 

 

 

 Ook vir jou getoets