Ons hou van

Ons toets: Haarkleur wat hou

Ek is beïndruk met Garnier Color Sensation Intense Permanent Colour Cream in Intense Precious Garnet (R60), veral omdat dit grys hare regtig goed bedek. Die kleur was ook intens en dit verdof nie binne weke nie. ’n Bonus is dat die produk se tekstuur dik is en daarom nie by jou nek afloop nadat jy dit aangewend het nie. Ek kleur my hare altyd rooi en dis gewoonlik ’n groot frustrasie om die drupmerke in my nek ná die tyd skoon te kry. Gebruikers moet egter bewus wees dat van die haarkleur steeds uitspoel ná elke was – gebruik dus ’n donker handdoek. Ek sal beslis weer hierdie produk gebruik en kan dit aanbeveel vir ander.

black red brown box garnier

Garnier Color Sensation Intense Permanent Colour Cream in Intense Precious Garnet (R60)

karien labuschagnelow res

 

 

Karien Labuschagne, SARIE-leser