ons toets
Ons hou van

Ons toets: Haarprodukte vir blonde hare

My hare, my kroon! Ek is gek oor my hare en hoe blonder dit is, hoe gelukkiger is ek.

Ek is ’n natuurlike blondine, maar ek help dit altyd so ’n bietjie aan deur dit platinum te bleik. My haarstilis doen dit natuurlik professioneel by die haarsalon. Maar ek glo daaraan om goeie haarsorg-produkte te gebruik, juis omdat my hare deur hierdie chemiese proses gaan.
Ek hou baie van die BLONDME-reeks wat deur Schwarzkopf ontwikkel is spesiaal vir mense met blonde hare. Die aktiewe bestanddele in dié produkte behou jou kleur, beskerm jou hare en help dat jou kleur witter as wit bly.

schwarzkopf blondeme

Schwarzkopf BLONDME Color Correction Spray Conditioner Cool Ice

 

 

 

 

 

 

My gunsteling is die BLONDME Color Correction Spray Conditioner Cool Ice (R250). Nadat ek my hare gewas het, maak ek dit met ’n handdoek droog en spuit dan die sproei oor my hele kop. Dié blou sproei sorg dat my hare nie geel word nie, wat nogal kan gebeur as jy nie die regte produkte gebruik nadat jy jou hare gebleik het nie. Daarna stileer ek my hare. Die produk laat nie my hare swaar of leweloos voel nie en veroorsaak ook nie ’n aanpaksel nie.

bm_keratin_mask

Schwarzkopf BLONDME Keratin Restore Blonde Treatment

Om te verseker my hare bly gesond, gebruik ek een keer per week ’n haarmasker. Gelukkig is daar ’n fantastiese een in hierdie reeks. Die BLONDME Keratin Restore Blonde Mask (R265) laat my hare glansend en gesond. Soms voel mens se hare mos leweloos as jou haarmasker te swaar is vir jou hare se tekstuur. Hierdie een doen dit nie. Dis nou regtig maklik om my blonde kapsel tuis te versorg met produkte wat spesiaal vir hierdie doel geformuleer is!

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur

 

 

Ons toets ook sjampoe en opknapper vir rooi-gekleurde hare