Ons hou van

Ons toets: Haarwaks

Ek dra my hare kort en gebruik baie produkte. Van my vriende spot my dat ek ’n hair queen is.

Ek dra baie selde ’n haarstyl vir lank voordat ek weer jeuk om dit te verander. Schwarzkopf Professional Osis+ Whipped Wax (R253) is die perfekte produk om tekstuur te skep vir kort hare.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Die produk self is lig, al hou dit die haarstyl besonder goed (strong hold). Wat my die meeste beïndruk, is dat dit my FOTO: verskafhare nie olierig laat lyk nie. Die produk laat my ook toe om deur die dag aan my styl te verander, want die waks bly plooibaar.

Dit laat ook nie ’n wit lagie op jou hare soos sommige ander haarprodukte nie. Die waks was boonop baie maklik uit. – Phyllis Green, boekeredakteur en fotograaf

* Beskikbaar by uitsoeksalonne.