ons toets
Ons hou van

Ons toets: Jel-afskilferaar vir jou vel

Ek sit ure in verkeer, daarom wil ek saans die tekens van besoedeling van my vel verwyder. Dit doen ek deur daagliks ’n afskilferaar te gebruik. Elemis Gentle Rose Exfoliator (R480) het ’n jeltekstuur met klein jojoba-korreltjies wat jou vel sagkens afskilfer. Wanneer jy die jel uit die buis spuit, ruik jy onmiddellik die roosgeur danksy die roosolie in die produk. Dit, saam met die komkommer-ekstrak, help om jou vel gesond te hou. Ek is gek oor hierdie produk, want my vel voel soos fluweel nadat ek dit gebruik het. En dis regtig so sagwerkend dat ek dit elke dag kan gebruik. Beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars.

elemis Gentle Rose Exfoliator 50ml HIGH RES JPG - RGB

Elemis Gentle Rose Exfoliator

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

– Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur

 

 

 

 

Lees meer oor gereelde afskilfering: