Ons hou van

Ons toets: Johnson’s se gesiglappies

SARIE se skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, dra altyd gesiglappies by haar. Dié week het sy Johnson’s Face Care Daily Essentials Refreshing Cleansing Wipes for Normal Skin getoets.

Een skoonheidsproduk wat ek altyd by my het, is gesiglappies. Ek dra dit oral saam met my – van my oefensak tot my handsak. Daar is selfs ‘n pak hiervan in my bedkassie se laai. Dis gerieflik om jou grimering in die gim mee te verwyder voordat jy gaan oefen óf in die aande voordat jy gaan slaap as jy te lui is om op ‘n koue wintersaand jou gesig met seep en water te was. Johnson’s Face Care Daily Essentials Refreshing Cleansing Wipes for Normal Skin (R45) verwyder selfs hardnekkige grimering sonder om jou vel droog te laat voel. En dit ruik heerlik!

Gebruik jou gesiglappies voordat jy gaan oefen!

Charis Labuschagne

 

 

Charis Labuschagne, Skoonheidsredakteur