hypnose_drama
Ons hou van

Ons toets: Lancôme Hypnôse Drama-maskara

Met Lancôme Hypnôse Drama (R335) is dit nie nodig om enige ander grimering te dra nie, want dié maskara lewer presies wat dit beloof: drama. Die langwerpige borseltjie, oftewel Convex Brush, is effens ingeduik aan die bokant, wat dit makliker maak om die maskara aan te wend.

Boonop gee dit ekstra volume en ‘n natuurlike krul vir jou wimpers, wat sorg vir ‘n dramatiese Hollywood-voorkoms. Jou wimpers lyk in ‘n oogwink voller én langer.

Gloria Edwards, senior-joernalis by SARIE.

Gloria Edwards, spesialis-joernalis by SARIE

Die beste is dat net een laag genoeg is om die hele dag lank te hou. Dis byna nie eens nodig om nog ‘n laag aan te wend vir die aand nie, maar vir ‘n boeiende aandvoorkoms sal nog ‘n laag of twee selfs méér koppe jou kant toe laat draai.

Gebruik ‘n sneesdoekie om van die oortollige maskara op die borseltjie ontslae te raak voordat jy dit weer gebruik om te voorkom dat klontjies op jou wimpers vorm.