Ons hou van

Ons toets: L’Oréal False Lash Wings

L’Oréal se splinternuwe maskara, False Lash Wings, is ontwikkel om jou wimpers lank en verleidelik te laat lyk sonder klonte! SARIE se skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, het dié nuwe maskara gaan toets.

L'Oréal

‘n Goeie maskara het vir my twee eienskappe: Dit moenie klonte op jou wimpers maak nie en dit moenie deur die die dag afkom nie. L’Oréal False Lash Wings (R190) gly letterlik oor jou wimpers aan. Omdat die formule glad nie klonte maak nie, kan jy maklik meer as een laag maskara oor mekaar aanwend. Die unieke borseltjie, wat aan die agterkant breër is as aan die voorkant, sorg dat jou wimpers aan die buitehoeke effe krul.  En ná ‘n lang dag by die werk is hierdie maskara presies waar dit moet wees – op jou wimpers en nie onder jou oë nie.