Ons hou van

Ons toets: Luukse gesigmasker

Die Sensai Silky Purifying Silk Peeling Mask (R945) is nie ’n tipiese gesigmasker nie, al sê die naam dis ’n masker. Dis eerder ’n afskilferaar waarmee jy jou vel deeglik skoonmaak en terselfdertyd bevog. Die dik room bevat klein sy-agtige korreltjies wat jou vel sagkens afskilfer. Dis ook nie ’n lang en tydsame proses om die produk te gebruik nie, maar een wat jy binne minute voltooi. Smeer aan, masseer oor jou gesig totdat jy voel die korreltjies het opgelos en spoel dan af. Boonop werk die spuitpomp doeltreffend. Met net twee drukke kry jy genoeg room om jou gesig mee te reinig. Waarvan ek die meeste hou, is dat jou vel regtig vogtig voel vir lank nadat jy dit gebruik het.

 sensai silk_peeling_mask

Sensai Silky Purifying Silk Peeling Mask (R945)

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

 

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur