ons toets
Ons hou van

Ons toets: Luukse masker vir die winter

Wanneer die son kleinkoppie trek en die winter sy koue vingers begin uitsteek, weet ek dis tyd dat ek ekstra moeite moet doen om te sorg dat my vel die aanslae van die klimaat weerstaan. L’Occitane en Provence Immortelle Cream Mask (R960) is ’n ryk, romerige masker – perfek om my vel ekstra woema te gee. Die masker is voedend en bevat vitamien A en E (antioksidante) en galambotter wat bevog. Ek gebruik dit in die aand voordat ek gaan slaap. My vel het die masker so goed geabsorbeer dat dit nie nodig was om enige oortollige produk af te vee of af te spoel nie en daarom kan jy dit oornag aanhou. My vel het plomp en ferm gevoel nadat ek die masker gebruik het. Beskikbaar by L’Occitane en Provence-winkels.

loccitane cream mask velsorg

L’Occitane en Provence Immortelle Cream Mask

phyllis_green_03_small1_300w

 

 

– Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur

 

 

 

 

Nóg produkte vir ons SARIE-lesers getoets